Tuesday, July 20, 2010

Personifikasie

Goed dan, nou dat ons vasgestel het hoe 'n blog werk, hoe om prentjies op die ding te laai, hoe om te 'post' en so aan, het ek besluit om die spasie voortaan te gebruik vir my persoonlike 'ramblings', eerder as om buite materiaal te gebruik, dit te verwerk en slim te probeer klink daaroor (wat ek seker in elk geval so nou en dan nog steeds sal doen).

Punt is, my audience vir hierdie blog verander nou van wie-ookal af, na slegs myself alleen; wie ookal verveeld genoeg is en; die van julle wat te min van julle eie lewe het om dit saam met my te wil lees).

Bowenal bedoel ek vir my blog om te dien as testament/lewensopvatting van my belangstellings, lewenservaringe, doelwitte, sieninge ens. vir die blote doel om later van tyd, soos met 'n dagboek, daarna te kyk en te 'cringe' vir wat ek 5 jaar terug of 10 jaar terug geskryf het.

En, sou ek uit die vleis uit gaan, daar 'n stuk agterbly wat aanhou praat vir die van julle wat nog nie uitgekuier is nie.

No comments: